Welkom by - Dis Tyd

Doelstellings van DIS TYD:

"Eendrag maak mag" is die kern van die groep

"Op U almag vas vertrouend...Sal ONS bou" Is die fondament van die groep

Die groep se doel is om met die leiding van die HERE eenheid te bou onder ons as gelowiges sodat ons kan verootmoedig voor HOM.
Ons moet geestelik sowel as fiesies weerbaar wees vir dit wat voor lê.
My begeerte is om al die verskillende splinter groepe wat verdeeld rond hang te verenig in een "magtige dreuning"...
Dat almal ook weer kan se "Ken jy die Volk vol heldemoed" en kan se "'n Vrye volk is ons! 'n Vrye volk, 'n Vrye volk 'n Vrye, Vrye volk is ons!!!"

DIS TYD se doelwit vir nou!

Ek wil begin deur dankie te sê aan almal wat reeds by die dorps groepe aangesluit het!
Ek wil vra dat diegene wat nog nie by hul onderskeie dorps groepe aangesluit het nie asseblief so spoedig moontlik doen!!!!!!!

Dis Tyd is nie 'n poletieke, spesefieke kerk, militêre, of enige tipe organisasie nie. Ons is wel Christelik nasionaal georenteerd.
Ons wil graag ons eie mense en volksgenote hier saamvoeg.
Dis Tyd voel ons moet onsself toespits op die gebeure om ons, huidiglik en moontlike gebeure in die nabye toekoms.
Ons wil verhoed sou daar iets gebeur dat ons nie onvoorbereid is nie.

Daar is baie gerugte wat rond gaan aangaande die krag en reserve bank situasies.
Ek kan nie sê dat dit gaan gebeur nie. Ek kan ook nie sê wanneer dit gaan gebeur nie.
Wat ek wel graag wil sê is dat dinge nie rooskleurig lyk nie.
Ons moet voorberei asof dit enige tyd van nou af kan gebeur!

Ons het die verskillende dorps groepe op Whatsapp begin ter ondersteuning van mekaar.
Ons moet plaaslik sowel as nasionaal met mekaar kan kommunikeer.
My droom is as daar byvoorbeeld in Kaapstad iets uitbreek wat dalk die res van die land
kan raak dat ons binne 'n kort tyd gereed kan wees in die res van die land!

Ek het 'n paar dorpe in 'n omgewing saam gegooi om kommunikasie op 'n plaaslikke vlak te verbreed.
Wat die dorps groepe betref wil ek julle hulp vra om die groepe te laat groei.
Julle is welkom om vriende, bure en famielie na die groepe te nooi.
As julle 'n skakel soek vir 'n dorp is julle welkom om met my te kommunikeer wat dit betref.
Daar sal binnekort 'n skakel beskikbaar wees om te gaan kyk vir die dorps skakels.
Soos wat die dorpe groei sal ons begin om saam te span en werkbare planne saam te stel...

Ek wil ook vra vir voorstelle aangaande die verbetering van Dis Tyd an alle fassette...
Onthou Dis Tyd is 'n ONS groep waar almal leiding moet neem in die gebied wat hy vertroud voel mee!!!